Buite-kurrikulêre deelname en Verteenwoordigende drag
Geagte Mullie ouers en leerders

Ons wil graag erkenning gee aan ons leerders wat buite skoolverband aan buitekurrikulêre aktiwiteite deelneem en presteer.

Leerders wat streeks, provinsiale en/of nasionale prestasies behaal het en verteenwoordigende drag ontvang het as erkenning, mag hierdie drag gedurende die eerste tot vierde kwartaal op ’n Vrydag skool toe dra. Die verteenwoordigende drag mag slegs gedra word in die jaar waarin die leerder die prestasie bereik het. In besonderse gevalle sal daar volgens meriete vergunning gemaak word waar kleure in die komende jaar gedra mag word. Die voorreg vir die dra van verteenwoordigende drag is nie vanselfsprekend nie en ouers/voogde word versoek om aansoek te doen by die sport- en/of kultuurorganiseerder om toestemming te verleen daartoe.

Drag
Volle verteenwoordigende drag soos voorgeskryf deur die spesifieke provinsiale sportkode.
Indien 'n leerder slegs 'n gedeelte van die volle verteenwoordigende drag aankoop bv. 'n hemp, mag dit                slegs saam met 'n swart kort- of langbroek gedra word.  Geen kleefbroeke of denims nie. Slegs                            sporttekkies met wit enkelkouse mag gedra word. Indien 'n leerder nie die reëls nakom nie sal die leerder die vergunning verbeur om verteenwoordigende drag op Vrydae te dra. Kontrole word elke oggend op die              aantreeblokke gedoen.

Erkenning
Slegs leerders wat die onderstaande vorm voltooi en toestemming ontvang het vir die dra van provinsiale kleure sal erkenning ontvang aan die einde van die jaar.

Voltooi asb. die onderstaande vorm indien u aansoek wil doen vir die vergunning om verteenwoordigende sport- en/of kultuurdrag skool toe te dra op Vrydae gedurende die tweede en derde kwartaal.

Vir enige inligting kontak:
Jaco Groenewald - jaco@mullies.net
Chantelle Lombaard - chantellel@mullies.net

Mullie Groete


Sign in to Google to save your progress. Learn more
Email *
Leerder se naam en van *
Ouer se naam en van *
Sportkode, bv. Judo
Kultuurkode, bv. Drama
Vlak van prestasie *
Datum waarop prestasie behaal is. *
MM
/
DD
/
YYYY
Kort beskrywing van verteenwoordigende drag, bv. Sweetpak / slegs hemp / hemp en baadjie ens. *
Submit
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This form was created inside of Laerskool Muldersdrif. Report Abuse