Huppelinskrywings 
Vul asb die onderstaande vorm voor 12 Maart in om jou span vir Laerskool Dirk Postma se heel eerste Huppelkinddag in te skryf.

Meer oor die dag:
Die Huppelkinddag werk op dieselfde beginsel as 'n kaskar wedren. Maar, eie aan Dirk Postma het ons 'n perd van 'n ander kleur opgesaal. Elke klas en span ontvang 'n mop wat as "perd" vir die dag dien. Die perd word gebruik om om 'n baan te hardloop. Die totale aantal rondtes vir die dag word aangeteken om 'n wenner te kry. 'n Gesamentlike doelwit van 500 rondtes vir al die spanne word gestel en ons is opsoek na 'n borg om 'n donasie te gee indien ons die doelwit behaal.

Geselige kuier:
Braaivleisvure word voorsien, bygeregte word verkoop en ouers is welkom om hul eie braaivleis te bring om te braai. Bestel jou bykosse vooraf by https://forms.gle/w6wNNotw25CeF3gT6
Elkeen braai self sy eie braaivleis, bykosse kan vanaf 16:30 af opgeskep word.

Inskrywingskoste:
Inskrywings vir ouers, oudstudente en vriende van die skool beloop R150 per span, die mop "perd" word deur die skool voorsien.

Meer oor die Huppelwedren:
  • 'n Span moet uit vyf lede bestaan.
  • Perde (moppe) word deur die skool voorsien en moet 'n naam ontvang en versier word.
  • Daar moet ten alle tye een lid uit die span op die baan met die perd wees. Lede wissel mekaar af.
  • Die totale aantal rondtes wat elke span hardloop word opgetel om die wenspan te bepaal.
  • Die ouers neem vanaf 17:30-18:00 deel.
  • Inskrywingskoste vir die hoërskool-, vriende en ouerspanne: R150 per span en kan per EFT in die volgende rekening betaal word: ABSA, tjekrekening, takkode: 632005, Gereformeerde Skool Dirk Postma, Rekeningnommer: 90159801, verwysing: spannaam + huppelkindsport; of met D6 of Snapscan betaal word.
Bestel jou bykosse hier: https://forms.gle/5Qcov1bKiZc1tjwg9
Sign in to Google to save your progress. Learn more
Email *
Next
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy