KOERSVAS KYKinniSPIEËL BELOFTE GGN - INSKRYWINGS IS GESLUIT.  JAMMER.  GEEN VERDERE INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD NIE.
INSKRYWINGS IS GESLUIT.
Sign in to Google to save your progress. Learn more
Email *
KOM BEREI JOUSELF VOOR VIR PD VOORSLAG TOETSKAMP
Koersvas KYKinniSPIEËL Belofte GGN Inligting.
Alle Graad 7 Penkoppe en Drawwertjies word genooi na Koersvas KYKinniSPIEËL Belofte GGN,  waar Vories warm vriendskappe smee met lekker pret & avontuur!  

Ons kamp by die Hervormde Kerk gronde in Brits, Noordwes.   Koste is R550 per jeuglid en dit sluit 'n KAMPHEMP in,  en R350 per Volwassene, sonder 'n kamphemp en R130 per kamphemp ekstra.

Begin Vrydag 13 Mei.  Registrasie is van 17:30-18:00.  Kampopening is 18:00.  Sluit af Sondag om 13:00.  Alle etes en verblyf word verskaf. Jeuglede moet asb die volle naweek bywoon om kenteken te kan voltooi.

Watter kenteken moet ek kies?

AFRIKANERKIND – Indien bordspeletjies vir jou lekker is, is diè kursus net die een vir jou!  Leer die Tydlyn en interessanthede van die Afrikaner geskiedenis deur die een na die ander speletjie te speel.  Hierdie kursus berei jou voor vir Toetsnaweek en hanteer die gedeelte van die Afrikaner Geskiedenis vir PD Voorslag

ERFGROND – Nie lus vir heel naweek in ‘n saal spandeer nie? Kies dan hierdie kenteken.  Spring op ‘n bussie en ry die wêreld plat – Saterdag besoek hierdie kenteken-kampeerders sommer ‘n hele klomp uiteenlopende plekke wat deel vorm van die Fauna en Flora en Industrieë van ons omgewing.  Nie net besoek aflê nie, maar ook aktief deelneem aan bewaringsprojekte. Hierdie kursus berei jou voor vir Toetsnaweek en hanteer die gedeelte van Kaartwerk vir PD Voorslag.

GODSDIENS – Het jy vrae oor gebeure in die Bybel?  Wonder jy soms hoe dinge moes voel en afspeel?  Kies dan hierdie kenteken.  Jy gaan defnitief nie die naweek net die Bybel lees nie, maar jy gaan dit LEEF!  Beleef eerstehands aspekte van die Kerkjaar en verhale in die Bybel.  Daar gaan defnitief menigte spesiale geleenthede wees en ook ‘n QR-kode skattejag.  Hierdie kursus berei jou voor vir Toetsnaweek en hanteer die gedeelte van die Afrikaanse Taalgeskiedenis vir PD Voorslag.

Al drie die Belofte Spesialisasies gaan saam ‘n Bybelse Ete hê (so onthou 'n laken om aan te trek, en 'n piekniekkombers), om die Braaivleisvure kuier en ‘n Kerkdiens bywoon (onthou Formele drag).  Alle Gr 7's word voorberei vir Situasies Toetsing vir PD Voorslag.   Hierdie KYKinniSPIEËL Belofte GGN beloof om nie net Groot Pret te wees nie, maar ook baie goeie voorbereiding vir PD Voorslag


SLUITINGSDATUM:  1 Mei (of sodra plekke vol is). Laat inskrywings is R50 boete - maar maak asb seker dat jou inskrywing nog aanvaar sal word wanneer jy laat inskryf.  Inskrywings moet met betaling geskied om plek te verseker.

Gelde moet asb in Koersvas Voortrekkers se bankrekening inbetaal word.  Verwysing Kindnaam + KYKinniSPIEËL.   Koersvas Voortrekker Kommando;  Nedbank Britstak (takkode 187646);  Tjekrekening nommer 1876036974.  Epos asb bewys van betaling aan koersvasvories@gmail.com

Sien jou DAAR!
Next
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy