Leefstyl C Tennisakademie - Zambesi Tennisklub Junior Tenniskampioenskappe 2023 (2de Kwartaal 2023)
Zambesi Tennisklub Junior Tenniskampioenskappe 2023 / Zambesi Tennis Club Junior Tennis Championships 2023
Sign in to Google to save your progress. Learn more
Email *
Leefstyl C Tennisakademie - Zambesi Tennisklub Junior Tenniskampioenskappe 2023 (2de Kwartaal van 22 April 2023)
Verloop en vereistes vir deelname aan die Kampioenskappe
1. Slegs Juniors wie se Ledegelde asook Kampioenskapgelde op datum is vir 2023 kan inskryf. Inskrywings en bewys van betaling moet die organiseerders bereik teen 24 Maart 2023. Ledegelde vir 2023 moet aan Zambesi Tennisklub oorbetaal word met cc aan die Akademie (daniestrydom@lifestylec.com). Inskrywings vir Kampioenskappe word aan die Akademie gedoen soos met enige toernooi deur ons aangebied.

2. Inskrywings moet gemaak word op die skakel wat verskaf word.

3. Die Junior Kampioenskappe sal hoofsaaklik op Saterdae gespeel word van 22 April 2023 tot ons klaar is met prysuitdeling sodra afgehandel. Wedstryde kan in die week ook afgehandel word.

4. TSA reëls geld vir alle wedstryde gespeel tydens die Kampioenskappe.

5. Enkels (Dubbels sal gespeel word as tyd toelaat) wedstryde sal geskeduleer word op Saterdae asook in die week indien nodig. Dit sal hoofsaaklik Saterdagoggende plaasvind.

6. Wedstryde sal meestal in die oggende van 08:00 plaasvind. Dui asb. beskikbaarheid aan op inskrywing.

7. Juniors word aangemoedig om vir enkels en dubbels in te skryf. Eie maat kan gekies word anders sal een gegee word.

8. Ouderdomsgroep Inskrywings vind plaas soos met TSA toernooie. 0/10, 0/12, 0/14, 0/16 en 0/18.

9. Die organiseerders sal die formaat bekend maak waarvolgens gespeel sal word sodra al die inskrywings ontvang is. Aanpassing in Ouderdomsgroepe kan ook deur die organiseerders gemaak word sou dit nodig wees.

10. Juniors kan gevra word om as skeidsregters op te tree waar nodig. Almal wat inskryf moet kan telling hou (Gewone telling en Valbyl telling), dien en die bal aan die gang hou.

11. Daar moet betyds aangemeld word vir 'n geskeduleerde wedstryd. Na 15 min van geskeduleerde tyd verloop het sonder dat die opponent opdaag sal wedstryd verbeur word.

12. Enige navrae of dispute rondom die Junior Kampioenskappe kan aan Danie gerig word.

13. Die wenner moet die telling onmiddellik aan die betrokke organiseerder gee.

14. Opwarming slegs 3 min! Rus tussen kante maksimum 90 sekondes.

15. NB! As 'n speler nie ʼn geskeduleerde wedstryd op Saterdag kan speel nie verbeur hy/sy die wedstryd of hy/sy moet dit met die opponent reel in die week voor die geskeduleerde wedstryd moes plaasvind. Die organiseerder moet dan dadelik daarvan verwittig word.

16. Geskeduleerde wedstryd tye kan verander omdat wedstryde stadiger kan verloop as geantisipeer.

17. Kampioenskap fooi: R100 ongeag hoeveel items voor inskryf.

Kontak Danie vir enige navrae!

Danie
0827792431
daniestrydom@lifestylec.com
Next
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy