Jou storie kan help om ’n leerkultuur in die NG Kerk te skep

Jy kan ander gelowiges help deur eenvoudig jou ervaring in die bediening te deel. 

Hierdie vraelys is ’n manier om iets van jou verhaal as leraar in die NG Kerk-familie te boekstaaf. “Só word nie net verhale van predikante vir die toekoms bewaar nie, maar dit maak ook deure oop vir nuwe navorsing,” vertel dr Andrew Kok van die Kerkargief, ’n vennoot in hierdie storieprojek. (Lees meer oor “Learn-from-Leavers” en kennisbehoud in die NG Kerk.)

Die vrae hieronder is gemik op predikante wat by aftrede staan, maar stories oor ander loopbaanskuiwe of oorgange is ook welkom.

Hoe om deel te neem:
Vul die vrae hieronder in en dien die vraelys in via die SUBMIT-knoppie onderaan. 
Stuur 'n foto van jouself na kerkbode@tydskrifte.co.za: Gemerk 'Kenmekaar' met jou naam en van by. 

Jou bydrae sal weldra by Kerkbode.co.za verskyn.  
Dankie vir jou deelname
Die Kerkbode-span

 
Sign in to Google to save your progress. Learn more
Jou naam, van en titel (dr, ds, prof, me?)
Waar het jy studeer en hoe het jou loopbaan verloop?
Hoekom het jy besluit om ’n predikant te word?
Hoe voel jy nou oor daardie besluit?
Wat was die hoogtepunte van jou bediening en waarop is jy trots?
Wat het jy die meeste geniet om te doen?

Wanneer was die beste tyd van jou lewe?


Wat sou jy beskryf as die suksesse wat jy behaal het?


Wat was vir jou die grootste uitdagings in jou bediening?
Hoe het predikantwees jou help groei en gevorm?
Vertel van die lesse en die beste praktyke in jou bedieningsjare waarop jy dink jong leraars kan voortbou.
Hoekom sou jy (nie) graag as mentor wou optree (nie)?
Watter eienskappe van kerklike leierskap het vir jou in jou bedieningstyd uitgestaan?

Was daar individue wat vir jou uitgestaan het? En waarom?


Wie het die grootste invloed op jou bediening gehad?


Wie of wat was die grootste bron van ondersteuning vir jou?
 Is daar 'n karakter in die Bybel met wie jy sterk identifiseer? Indien wel, wie is dit en hoekom?
Hoe dink jy nou oor God?
Hoe sien jy die toekoms van die NG Kerk?
 Het jy van ’n bepaalde storie gehoor of self beleef wat jy altyd sal onthou?
Hiermee gee ek toestemming dat hierdie inligting (of dele daarvan) in Kerkbode gebruik en publiseer mag word. 
Clear selection
Submit
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy