Doop Aansoekvorm
LET WEL:  Voordat u die vorm invul moet u asseblief die volgende lees.

Doop Sondag
Elke tweede Sondag van die maand (sien gemeente kalender).

Afdeling A  
Hierdie deel moet u asseblief so noukeurig moontlik voltooi, want dit is hoe u kind in die gemeente se register aangeteken gaan word.

Afdeling B & C  
Moet noukeurig deur u voltooi word nadat u as ouers die doopboek deur gegaan het.  Die predikant sal hierdie gedeelte van die vorm met u behandel.  Die doopboek ontvang u by die skriba - kerkkantoor.

Nadat u die vorm volledig voltooi het, skakel asseblief een van die predikante en reël ‘n afspraak vir u doopkategese.  Omdat dit so ‘n belangrike gesprek is, moet u asseblief reël dat iemand vir hierdie uur afspraak, na die baba (en u ander kinders) sal omsien.  Albei ouers moet teenwoordig wees vir dié doopkategese.

Nadat u die doopkategese voltooi het, moet u asseblief dié vorm na die kerkkantoor neem - minstens 1 week voor die beplande doop.  Die predikant moet asseblief eers die vorm onderteken.

FOTO’s
E-pos asseblief ‘n gesinsfoto (waar die dopeling by is) & ‘n foto van die dopeling (op sy/haar eie) na ngkerk.lorraine@gmail.com minstens 5 dae voor die beplande doop.  Ons plaas die gesinsfoto op die “big screen” tydens die doop geleentheid.  Die foto van die dopeling word teen die doopmuur in die moeders-kamer geplaas.  (NB!  E-pos asb die foto’s in die kleinste moontlike formaat.)

PREDIKANTE
Ds Gerhard Loubser : 083 656 3377  of  041 379 5034

Sign in to Google to save your progress. Learn more
Email *
Next
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy