Onpersoonlike sinne in Afrikaans
Baie dankie vir jou bereidwilligheid om aan hierdie studie deel te neem.

Ons wil graag beklemtoon dat geen inligting wat in hierdie ondersoek ingesamel word, op enige wyse met jou naam of identiteit  geassosieer sal word nie. Vraelyste word volledig anoniem beantwoord.

Uit hierdie vraelys wil ons graag meer leer oor die manier waarop Afrikaanse sprekers sekere betekenisse in taal uitdruk.

Die vraelys bestaan uit 'n aantal visuele voorstellings wat bepaalde gebeure uitbeeld. Ons wil graag hê jy moet hierdie gebeure of kontekste vir ons beskryf. By elke voorstelling word instruksies aangebied oor hoe ons graag wil hê jy die vraag moet beantwoord of die situasie moet beskryf. Jy kan dus nie net enige iets hier skryf nie. Jy behoort jou antwoord op so 'n wyse aan te bied, dat dit iets sê oor MENSE IN DIE ALGEMEEN OF OOR MENSE WAT JY NIE KEN OF HERKEN NIE, met ander woorde mense wat jy op geen manier kan identifiseer nie.

LET WEL:

1) Ons is juis geïnteresseerd in jou eie linguistieke intuïsie, en nie in wat "korrek" is volgens sekere norme nie. Daar is geen strikvrae nie, en ons probeer ook nie met jou kop smokkel of jou vasvra nie. Ons wil net gewoon weet hoe jy die situasie sou beskryf in jou eie taalgebruik (maar gebruik wel ook die enkele woorde wat ons vir jou gee).

2) Daar is geen tydsbeperking op hierdie vraelys nie

3) Dit is baie belangrik dat jou antwoorde so instinktief as moontlik is. Wanneer jy klaar ʼn antwoord geformuleer het, moet dit asseblief nie weer verander nie

4) Onthou dat jou antwoord juis ʼn sin moet wees wat iets oor mense in die algemeen sê of oor mense wat jy glad nie ken of kan identifiseer nie. Jou antwoord moet dus nie betrekking hê tot net jouself nie, en ook nie tot 'n spesifieke persoon of groep persone nie.

Hoewel die vraelys sal werk op 'n selfoonskerm, vertoon die visuele voorstellings beter op 'n rekenaarskerm.

Die vraelys behoort jou ongeveer 10 minute te neem om te voltooi.



Hierdie ondersoek word uitgevoer deur:
- Prof Adri Breed (Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit) - Adri.Breed@nwu.ac.za
- Dr Daniël Van Olmen (Linguistics and English Language, Lancaster University, VK) - d.vanolmen@lancaster.ac.uk 
- Me Jo-Ann Chan (Grafiese Ontwerp, Noordwes-Universiteit) - jo-ann@nwulettere.co.za

Etieknommer: NWU-00140-16-A8
Sign in to Google to save your progress. Learn more
Next
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy