GriefShare-kursus 2022
Almal van ons beleef op ‘n stadium in ons lewens die trauma en seer van verlies. Sommige van ons het dalk onlangs ‘n ouer, lewensmaat, kind, familielid of vriend verloor en sukkel om aan te pas by hierdie gedagte. Saam met die verlies van ‘n geliefde is daar ‘n klomp rou emosies en sekondêre verliese wat met tyd hanteer moet word. Ons is nie altyd instaat om al hierdie emosies op ons eie te hanteer nie en het daarom ‘n ondersteuningsnetwerk nodig van gelowiges wat bereid is om saam te bid, saam te huil en te luister.

Griefshare is ‘n program waar bedroefdes gehelp word om hulle verliese te hanteer en saam weer hoop vir die toekoms te ontwikkel. Die program strek oor 13 weke en ‘n weeklikse byeenkoms wat ongeveer ‘n uur en ‘n half duur bestaan uit 3 elemente nl.

• DVD AANBIEDING – sielkundiges, teoloë en mense wat getuig oor hulle verliese lewer almal bydraes in ‘n 13 weke program wat o.a. temas insluit soos: (1) Hoe om met rousmart saam te leef, (2) Die effek van rousmart , (3) Die “hoekom” vraag, (4) ‘n Bybelse perspektief op rou en vele meer.

• ONDERSTEUNINGSGROEP – die kursusgangers word vir 13 weke mede-reisgers wat ‘n veilige ruimte vir mekaar skep om oop en eerlik oor hulle gevoelens te praat en mekaar te ondersteun. Deelname aan gesprekke is heeltemal vrywillig en konfidensialiteit is ‘n baie belangrike waarde in ons byeenkomste.

• WERKBOEK – opsommings van die DVD gesprekke en oefeninge / Bybelstudies wat tuis gedoen kan word help kursusgangers om die inhoud v/d kursus toe te pas en te integreer in hulle verhoudings.

WANNEER: Woensdag aande 18:30

KOSTE: ‘n Volkleur werkboek (154 bladsye) word verskaf. Koste (posgeld uitgesluit indien dit versend moet word) sal op navraag verskaf kan word.

WAAR: Aangesien baie mense verkies om nie meer in die aande te ry nie en versigtig is vir Covid word die kursus aanlyn aangebied en volg jy uit die gemak van jou huis met Google Meet (volledige instruksies hoe dit werk en hoe om in te teken sal verskaf word).

WAT BENODIG JY: ‘n Laptop/rekenaar met ‘n kamera en internet data.

KONTAK: Skryf asb in voor 4 Februarie 2022.

NAVRAE: Dr. Neil du Plessis (neil@ngweltevreden.co.za)


Sign in to Google to save your progress. Learn more
Naam en Van *
E-pos adres *
Telefoonnommer *
Het jy toegang tot 'n rekenaar en data? *
Submit
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy