Stellenberg-Gemeente bied 'n see-avontuur in die Wintervakansie aan! Gryp jou snorkel en paddavoete en vaar saam met Kajuit Kaperjolle, 'n vakansieprogram vir graad 1-6 kinders.
Kom beleef 'n avontuurbelaaide vakansie met hope pret, speletjies, stories, handwerk (crafts), en vele meer!
Wanneer: Maandag 24 Junie - Donderdag 27 Junie
Tyd: 9:00 - 12:00
Waar: Stellenberg-Gemeente se salekompleks
Koste: AFSLAG as jou kind al 4 dae bywoon! R240 per kind vir al 4 dae. R70 per kind per dag vir enkel dae.
Inskrywings: Inskrywings sluit 20 Junie. Skryf so gou moontlik in.
Stuur bewys van betaling aan brenda@stellenberg.co.za
Noodkontaknommers tydens die vakakansieprogram:
Brenda Visser 082 34 555 35