MA HET GESê EK MAG OORSLAAP        
Graad 1-3 oorslaap 20 Oktober 2023
Vrydag 17:30 - Saterdag 07:00
Koste R80 per kind

Bring saam:         

  1.  Waterbottel!
  2.  Kussing en matras
  3.  Slaapsak/duvet
  4.  Tandeborsel
  5.  Slaapklere
  6.  Waterbottel
  7.  Eie drinkgoed

Sign in to Google to save your progress. Learn more
1. Naam en van van kind
2. Graad 
3. Skool
Pa se naam
Pa se Van
Ma se Naam
Ma se van
Pa se Selfoon
Pa se epos
Ma se selfoon
Ma se epos

N G GEMEENTE HELDERBERG

VRYWARING

 

Hiermee gee ek, _______________________________, in my hoedanigheid as natuurlike vader / moeder / wettige voog van

 

___________________________________(hierna genoem “die minderjarige”) toestemming dat die minderjarige die Graad 1-3 oorslaap mag bywoon wat gehou staan te word op die perseel van NG Helderberg, van 20 Oktober tot 21Oktober 2023.

 

Ek verklaar dat ek ten volle bewus is van die aard en omvang van die potensiële risiko's verbonde aan die deelname van die minderjarige aan die uitslaapaand.

 

Ek stem toe namens bogemelde minderjarige dat hy / sy aan gemelde bedrywighede mag deelneem, welke hy/sy vrywilliglik besluit het om aan deel te neem.

 

Ek verklaar voorts dat ek in my hoedanigheid as vader / moeder / wettige voog van die minderjarige vir die N G Kerk Helderberg vrywaar teen enige eise wat ek andersins namens en ten behoewe van die minderjarige teen die N G Kerk Helderberg sou kon instel en wat voortspruit uit die aanbieding van die oorslaapaand of die bywoning daarvan deur die minderjarige, insluitende die vervoer na en vanaf die betrokke terrein.

 

Ek verklaar derhalwe en onderneem hiermee om geen eise vir liggaamlike beserings aan en/of skadevergoeding gely deur die minderjarige tydens deelname aan die ondergemelde bedrywighede, teen die Nederduits Gereformeerde Kerk in te stel nie, opsetlike en growwe nalatige optrede uitgesluit.

 

Ek maak hierdie verklaring vrywilliglik, verstaan en begryp die inhoud daarvan en verklaar spesifiek dat ek ten volle op hoogte is en myself vergewis het van die aard en omvang van die potensiële risiko's verbonde aan deelname aan gemelde bedrywighede en dat die minderjarige ten volle bewus is van die risiko's van moontlike beserings en daardie risiko's aanvaar.

 

In hierdie vrywaring sluit die uitdrukking “die Nederduits Gereformeerde Kerk” die volgende in:  Die gemeente Helderberg, sy kerkraad, enige lid van die kerkraad, enigiemand wat in die diens van die gemeente is of wat namens hom optree of hom verteenwoordig, en enigiemand wat die uitstappie organiseer of aanbied of lei of by die organisering of aanbieding daarvan betrokke of behulpsaam is.

 

ALDUS GEDOEN EN GETEKEN TE  _____________________OP ____________________2023

 

As Getuies: Handtekening van ouer/voog

 

1._______________________

 

2._______________________ ________________________

 

Indien u kind nie die reëls vd aand  nakom nie het ons die reg om jou te bel om jou kind te kom haal
Watter Pizza wil jy hê
Ek het die betaling van R80 per kind in die kerk se bankrekening inbetaal:  Bank:  ABSA Bank, Somerset-Wes
Rek naam:  NGK Helderberg
Tipe rek:  Tjek rek
Rek nr:  2900 590094
Takkode:  632 005
Verwysing:  Naam/oorslaap
Submit
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This form was created inside of Temba College. Report Abuse