Toyota US Woordfees 2020 Program-aansoeke: VISUELE KUNS
6 – 15 Maart 2020
SLUITINGSDATUM: 26 Julie 2019

ALGEMENE INLIGTING EN VOORWAARDES

Wie moet hierdie vorm voltooi?
As jy oorweeg wil word vir keuring om by die Toyota US Woordfees op te tree, moet jy hierdie vorm volledig invul en saam met die verlangde ondersteunende dokumentasie voor die sluitingsdatum indien. Slegs elektroniese aansoeke word oorweeg.

Omvang van die program:
’n Beperkte aantal uitstallings sal vir die Toyota US Woordfees 2020 aanvaar word.

Ontvangserkenning:
Alle voorstelle ontvang ʼn ontvangserkenning teen 30 Junie 2019. Die uitslae van die seleksieproses sal teen 7 Augustus 2019 kommunikeer word.

Publisiteit en bemarking:
Elke uitstalling is vir sy eie publisiteit en bemarking verantwoordelik, wat ondersteun sal word met algemene bemarking en publisiteit deur die Toyota US Woordfees. Die Toyota US Woordfees aanvaar egter geen verantwoordelikheid vir die verskaffing van enige bemarkingsmateriaal aan uitstallers nie.

lnleidend tot die Visuele Kuns-program
Die doel van die Toyota US Woordfees 2019 se Visuele Kuns-program is om feesgangers bekend te stel aan ’n koherente, interessante, toeganklike en outentieke seleksie van solo- en groepuitstallings. Alle uitstallings is verwant aan ’n sentrale tema en sluit die werke van gevestigde en opkomende kunstenaars in. Slegs uitstallings wat voldoen aan die onderstaande kriteria sal oorweeg word.

Administrasiefooi:
Alle aansoeke moet vergesel word van ’n administrasiefooi. Hierdie is ’n eenmalige bedrag (BTW ingesluit) wat nie terugbetaalbaar is nie.
a) R300 vir alle aansoeke tot die hoofprogram
b) R160 vir studente

Elektroniese oorplasing van fondse:
Universiteit Stellenbosch
Standard Bank
Tak: Stellenbosch
Takkode: 050610
Rekeningnommer: 073006955
Verwysing: R5585/Produksienaam (Byvoorbeeld: Klippe wat val)

Let wel: R5585 is die US Woordfees se kostepunt en nie ’n bedrag nie.

Indien die Toyota US Woordfees jou volledige aansoek voor 31 Mei 2019 ontvang, kwalifiseer jy vir die “Early Bird”-promosie, en ontvang jy R100 afslag op jou aansoekfooi.
’n Bewys van betaling vir die administrasiefooi moet die ondersteunende dokumentasie van jou aansoek vergesel.

Kriteria en riglyne

Neem kennis van die volgende kriteria wanneer jy die voorstel vir jou uitstalling indien:
Geen uitstallings wat voorheen in die Wes-Kaap uitgestal is, sal vir hierdie program oorweeg word nie.
70-80% van die uitstallings moet onlangse werk wees.
Solokunstenaars en groepuitstallingskunstenaars wat deel is van of beplan om deel te wees van enige ander  
        uitstallings/gallerye in Stellenbosch gedurende die tydperk van die Toyota US Woordfees, sal nie oorweeg word nie.  
        Op hierdie manier word oorspronklikheid verseker.
Slegs aansoeke van hoë gehalte en oorspronklikheid sal oorweeg word vir die program.
Die beperkte ruimtes en ander ruimtelike struikelblokke moet in ag geneem word in die keuringsproses.
Onderhandelings met solokunstenaars geskied direk met die kunstenaar en nie deur ’n agent of galery nie.
Agente/galerye/kurators sal oorweeg word vir groepuitstallingskonsepte.
Alle werke moet te koop wees.

Adres vir aflewering:
Geen gefakste voorstelle sal oorweeg word nie. Slegs elektroniese aansoeke word oorweeg. E-pos jou aansoek na wf2020@sun.ac.za. Stuur gerus enige oudio-, visuele of gedrukte materiaal per koerier na:
Toyota US Woordfees
Universiteit Stellenbosch
Erfurthuis
Ryneveldstraat 37
        Stellenbosch
7600

Navrae:
Enige navrae kan gerig word aan wf2020@sun.ac.za of skakel 087 238 2078 tydens kantoorure.

Sign in to Google to save your progress. Learn more
AANSOEKVORM
1. Naam van kunstenaar/kurator: *
2. Kunstenaar/kurator se e-posadres: *
3. Kunstenaar/kurator se selfoonnommer: *
4. Is jou voorlegging vir ’n solo- of groepuitstalling? *
ONDERSTEUNENDE DOKUMENTE
Jou aansoek moet die volgende insluit om oorweeg te word vir die Toyota US Woordfees 2020 Visuele Kuns-program:
Kort CV van die kunstenaar/kurator (nie meer as een bladsy nie)
Drie tot vyf voorbeelde van werke – dit hoef nie noodwendig verband te hou met die konsep van jou voorlegging nie.
        Foto’s hiervan moet in JPG-formaat verskaf word.
’n Verduideliking van jou uitstallingkonsep (nie meer as 500 woorde nie)
Beplande grootte/omvang van die uitstalling (aantal werke/grootte van die werke)
Die medium van die werke
Gemiddelde markwaarde van die bestaande werk (vir drie verskillende groottes)

Stuur asseblief die bostaande besonderhede per e-pos na wf2020@sun.ac.za voor of op 26 Julie 2019.

Submit
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy