GEMEENTELEDE INLIGTING
Alle organisasies word i.t.v. nuwe wetgewing, Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) Wet 4 van 2013, verplig om alle lede/lidmate se toestemming te verkry om hulle persoonlike inligting te prosesseer. Dit sluit alle bestaande inligting en toekomstige insameling in. Dit beteken dat ons jou toestemming nodig het om:
jou naam in die lidmaat-/doopregister te mag hê,
jou naam op die siekelys te mag hê,
jou naam op die verjaarsdaglys te mag hê
jou naam of foto op sosiale media te mag gebruik,
jou telefoon nommer te mag hê,
jou selnommer op `n Whatsapp groep te mag gebruik,
jou adres te mag hê.
Dit geld natuurlik vir elke lid, asook die kinders in die gemeente. Ouers moet toestemming gee dat hulle kinders se naam op `n doopsertifikaat of doopregister mag wees. Of dat jou kind se naam op die sondagskool klaslys mag verskyn.

Algoa Gemeenskapskerk as organisasie samel u inligting in en prosesseer dit vir al die bogenoemde redes en vir kerklike gebruik en kerk statistiek.

Ons het selgroepe waar lede van die sel se selnommers op `n whatsapp groep gebruik sal word.
Ons vra vir mense om vir jou te bid indien jy gebed nodig het.
Ons plaas soms getuienis op kerkgroepe of Facebook om sodoende ander te motiveer en te stig. In so `n getuienis mag ons moontlik jou naam of `n foto gebruik, of selfs `n skakel na jou Facebook blad plaas. Hierdie gebruik van lidmate se persoonlike inligting is van groot waarde vir ons as gemeente.

Ons onderneem om nooit jou inligting uit te gee vir enige instansie buite die kerk nie.

Hiermee gee ek Algoa Gemeenskapskerk toestemming om my persoonlike inligting te versamel en te prosesseer vir kerklike gebruik alleenlik, i.t.v die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013.

Sign in to Google to save your progress. Learn more
Email *
Toestemminig tot prosesseering van inligting *
Next
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy