Geintegreerde Ontwikkelingsplan (GOP / IDP)- Gemeenskapsdeelname:  Nama-Khoi Plaaslike Munisipaliteit (NKLM)
Gemeenskappe wat binne die Nama Khoi munisipale regsgebied woon, word hiermee uitgenooi om deel te neem deur hul bekommernisse, behoeftes en waardes te opper om geïntegreer te word in plaaslike regering se besluitnemingsdokument - Die GOP.
Die GOP is die resultaat van 'n proses waardeur die munisipaliteit strategiese ontwikkelingsplanne vir 'n tydperk van vyf jaar voorberei. Die GOP vervang alle ander planne wat ontwikkeling op plaaslike regeringsvlak rig, aangesien dit een van die sleutelinstrumente vir plaaslike regering is om besluite oor kwessies soos munisipale begrotings, grondbestuur bevordering van plaaslike ekonomiese ontwikkeling en institusionele transformasie in 'n raadplegende, sistematiese en strategiese wyse.
Sign in to Google to save your progress. Learn more
Die temas wat in hierdie vorm uitgelig word, is die volgende sleutelprestasie-areas:
1. Basiese Dienste en Infrastruktuur: Om volhoubare lewering ten opsigte van water en sanitasie, elektrisiteit, vaste afvalbestuur, paaie, water- en stormwaterdienste aan alle inwoners van Nama Khoi Munisipaliteit te verseker.

2. Finansiële lewensvatbaarheid: Strategiese en volhoubare begroting, inkomstebeskerming en skuldbeheer, groei en diversiteit van inkomste en waarde vir geld in uitgawes deur die geïntegreerde finansiële plan.

3. Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling: Ontwikkeling en implementering van Nama Khoi se strategie om eweredigheid met die ekonomiese sektore te verseker en ook die Klein, medium en mikro ondernemings in samewerking met ander belanghebbendes by te staan; Om 'n omgewing vir werkskepping in die Nama Khoi Munisipale Area te inisieer, te lei en in stand te hou; Om munisipale bates en die munisipale verkrygingsproses te benut met die oog daarop om herverdeling en groei te stimuleer.

4. Munisipale Transformasie en Institusionele Ontwikkeling: Om 'n oorkoepelende raamwerk vir volhoubare munisipale prestasieverbetering te verskaf; Om 'n raamwerk vir Munisipale Transformasie en instellingsontwikkeling daar te stel.

5. Goeie bestuur en gemeenskapsdeelname: Om 'n ongekwalifiseerde ouditverslag te verseker
Om gemeenskapsgebaseerde beplanning op strategiese en operasionele vlakke te institusionaliseer
Om die openbare profiel, reputasie en posisionering van die Nama Khoi Munisipaliteit te verbeter.
Wyke binne die NKLM regsgebied:
Wyk 1 - Concordia
Wyk 2 - Steinkopf/Rooiwal/Vooilsdrift
Wyk 3 - Steinkopf/Bulletrap/Rooiwinkel/Goodhouse
Wyk 4 - Springbok, Carolusberg, Fonteintjie, Gamoep
Wyk 5 - Bergsig
Wyk 6 - Okiep
Wyk 7 - Matjieskloof/Vaalwater
Wyk 8 - Komaggas/Kleinzee/Buffelsrivier
Wyk 9 - Nababeep
In watter wyk woon jy binne Nama Khoi *
Infrastruktuur-inisiatiewe, bv. paaie, geboue, parke, ens.
Watter inisiatiewe stel jy voor wat die munisipaliteit binne die volgende 5-jaar moet oorweeg? *
Maatskaplike opheffing-inisiatiewe
Watter maatskaplike inisiatiewe stel jy voor wat die munisipaliteit binne die volgende 5-jaar moet oorweeg? *
Is daar enige ander voorstelle wat u het waarop die diensleweringskomponent van die Nama Khoi munisipaliteit kan verbeter? *
Submit
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy