Aannemings Aansoek
Aannemings Aansoek Vraelys

Ons het gehoor dat u belang stel om 'n voël/s deur on aan te neem. Lees asseblief deur die volgende inligting en beantwoord ALLE vrae so deeglik as moontlik.

Afdeling 1:
Vra jouself die volgende vrae:
Het ek tyd om aan 'n papegaai te bestee, en/of kan ek die geselkap van ander voëls in my huis aanbied wat die sosiale vereistes van n papegaai te ondersteun.

Kan ek genoeg buite-hok-tyd aanbied?

Is ek bereid om met wilde, natuurlike gedrag soos seisonale aggressie, terretorialisme, harde skree en "bonding" voorkeure op te sit?

Is ek of my familie bereid om n verbintenis aan te gaan met n dier wie se leeftyd tusssen 25 en 80 + jaar kan wees?

Is ek finansieel stabiel genoeg om veearts sorg, n gepaste, gevarieerde en nutrisionele dieet te voer en om speelgoed en verryking aan te bied?

Verwag ek enige groot veranderinge in my lewe (troue, skeiding, geboorte van n baba, kinders wat die huis verlaat, huis trek, kroniese siekte en so voorts) wat my vermoee om lang termyn sorg te kan gee aan n papegaai?

Vereistes vir aanneming:
Jy moet in Suid-Afrika bly (verkieslik in dieselfde profinsie as die voël waarin jy belangstel).

Jy moet ouer as 18 wees en n stabiele tuis situasie he wat n papegaai kan akkommodeer.

Daar mag geen moontlik gevaarlike of roofdiere in die huis wees wat moontlik naby aan die voël kan kom en die papegaai seermaak. As daar wel honde of katte is moet maatreels geneem word om hulle uitmekaar te hou terwyl die papegaai steeds die nodige vryhede te gee.

Daar moet verkieslik geen rokers in die huis wees nie. As daar wel rokers is mag hulle onder geen omstandighede in die huis rook nie.

Geen kleefvrye panne, gegeurde kerse, bleikmiddel gebaseerde skoonmaak produkte of aerosol spuite mag in die huis gebruik word nie.

Ons sal onder geen omstandighede voëls aannem aan voël boere of mense wat broei toelaat nie.

Aannemers moet die voël/s n hoë vlak van sosiale ondersteuning in die vorm van menslike of papegaai vriendskap.

Aannemers moet die vermoee he om vryheid aan te bied in die vorm van buite hok tyd. Huise wat "omgewings" in plaas van hokke aanbied en die wat voëls wat vlieg kan akkomodeer sal prioritiseer word.

Aannemers moet finansieel stabiel wees en die vermoee het om die voël na n veearts te neem.

Aannemers hoef nie "kenners" te wees nie of selfs vorige ervarings met voëls te he nie maar hulle moet empaties, deernisvol en bereid wees om te leer.
Email *
Wat is die naam of spesie van die voël wat u wil aanneem?
Wat wil u aan Cheeky Beaks aanbied? *
Required
1. Gee asseblief u volle name en ID nommer *
2. Wat is u fisiese adres? Onthou asseblief om die omgewing ook in te sluit. *
In watter profinsie is u gelee? *
3. Wat is u sellfoon nommer? *
4. Noem asseblief alle spesies wat u besit het of elke spesie waarmee u fisiese ervaring mee het: *
5. Noem asseblief elke spesie wat u bereid is om aan te neem. Dit sal gebruik wordn om seker te maak u word met n voël in ons systeem gepas. *
Het u al ooit of het dink u daaraaan om te teel met papegaaie? *
Was u al ooit betrokke by n "sanctuary" of "rescue"? (Hoef nie spesifiek papegaaie te wees nie.
Het u al ooit met papegaaie gewerk wat vere pluk of enige ander mediese of sielkundige probleme? Indien wel, selekteer asseblief die korrekte opsie(s).
Clear selection
Indien die vraag hier bo betrekking het tot u, vertel ons asseblief meer oor jou ervarings hiermee?
6. Wie is u voël veearts? Indien u nie een het nie, weet u wie u naaste een is? (Papegaaie moet n spesialis sien en kan nie na n gewone veearts gaan nie) *
As u in die verlede n voël gehad het wat nie meer in u sorg is nie gee ons asseblief meer inligting daaroor. Het hy weggeraak? Afgesterf? Hoe het hy of sy gesterf? Gee asseblief so veel as moontlik inligting.
7. Hoe gereeld neem u u voël na die veearts? As u nie tans een het nie, hoe gereeld sal u dit doen? *
8. Het u of u gesin enige planne om te emigreer in die toekoms? *
9. Het u enige kinders? (Indien wel, watter ouderdomme?) *
Required
10. Het u enoge ander troeteldiere in die huis? *
Indien u enige ander diere het noem hulle asseblief (soorte voëls ook)
Indien u katte, honde of enige ander roofdiere het, hou u hulle apart van jou voëls teen alle tye?
Clear selection
11. Wat weet u van n gebalanseerde dieet vir u voël? Kan u ons se wat die optimale dieet is? *
12. Hoe naby is u aan u bure? *
13. Hoeveel tyd het u voël(s) of sal u aangenome voël buite die hok deurbring? *
14. Weet u dat voëls gemidddeld 10 ure slaap per nag nodig het? *
15. Hoe gaan u verseker dat u voël(s) genoeg slaap kry? *
16. Is u bewus van die feit dar voëls gemiddeld 3 ure direkte sonlig per week nodig het? (Nie deur n venster nie) *
17. Is u bewus dat al kan voëls se vlerke geknip is, die voël steeds kan vlieg, veral as daar wind is? *
18. Hoe gaan u verseker dat jou voel nie sal weg vlieg nie? Let wel: ons ondersteun nie vlerke knip nie maar moedig mense aan om alternatiewe maniere van jou voël veilig hou, soos recall of 'n harnas. *
19. Wat weet u van 'n papegaai van n ongesonde na n gesonde dieet oor te skuif? *
20. Watter kennis het u wat te doen het met die spesifieke spesie wat u wil aanneem? *
21. Rook u of enige iemand in u huis? Antwoord asseblief eerlik al rook u ver van u troeteldiere of nie. *
22. Weet u dat soogdiere se speeksel bakterie bevat wat potentieel dodelik kan wees? Belowe u om nooit u voël toe te laat om kos van u mond of kos wat in kontak was met u mond te laat eet nie? *
23. Weet u dat sekere soorte hout toksies is aan voëls en dat u moet seker maak om speelgoed en stokke te gee wat van veilige hout gemaak is? *
24. Hoekom dink u dat u of u gesin die beste keuse is vir hierdie aanneming? Vertel ons wat hierdie voëls die regte voël vir u maak en u die regte huis vir hulle. *
Baie dankie vir u tyd. Let wel, ons kry weekliks n groot hoeveelheid aansoeke. Ons kan nie elke aansoek onmiddelik antwoord of deurgaan nie, maar sodra u n vorm ingegee het sal u op ons systeem bly en ons sal u kontak om n huis besoek te beplan as daar n voël is wat ons dink in u huishouding sal pas of as ons deur uitstekende aansoeke gaan om moontlike pleegouers te aanvaar. U hoef nie weer n aansoek in te vul vir n ander voël waarin u belang stel nie. Indien u n paar maande gewag het kan u n WhatsApp stuur aan enige van die span lede wie se kontak besonderhede op ons webtuiste gekry kan word (www.cheekybeaks.org.za) en ons sal u aansoek deurgaan. Neem asseblief kennis dat dit ongelukkig nie moontlik is om vir elke persoon wat aansoek doen n voël te gee nie - ons red voëls en teel nie met hulle nie. Ons kan slegs voëls stuur na huise wat die perfekte pas is vir die voël se fisiese of sielkundige vereistes. WhatsApp asseblief slegs tydens redelike ure (geen oproepe) want ons almal studeer/ werk deur die dag.
Vriendelike groete,
Cheeky Beaks Parrot Rescue span
NPO 246-693

Submit
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
reCAPTCHA
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy